Wednesday, October 8, 2008

Thoughts

Thoughts scribbled on a piece of paper during another boring shift at work... in my mother tongue :)


Seer Oe

Ek kyk na die wereld deur baie oe.

Elke dag 'n nuwe bril,

maar elkeen laat my visie blur.

Daar is geen helder beeld.



Ek probeer my oe toeknyp,

vir dae lank aaneen,

maar kort voor lank moet ek weer loer...

Daar is geen verandering.



Ek neem my oe ver op reis.

Elke dag 'n nuwe beeld,

maar die fokus bly steeds effe dof.

Geen lense is voldoende.



Ek soek steeds na 'n ander bril.

'n Ander visie moet bestaan,

maar elke soeke lei net weer

na dieselfde troebel beelde.



Vandag maak ek my oe oop

En sien 'n nuwe beeld

In die verte is 'n helder lig

Wat net-net wil verdwyn.



Die nuwe bril laat my oe pyn.

Die inspanning is groot.

My oe raak dit nog gewoond

Maar die moontlikheid is daar.



No comments: